Seniors in Aksie

Oktober is die internasionale Bejaardemaand, ‘n tyd om die bydrae en waarde van ons senior burgers te erken en te vier. Solidariteit Helpende Hand heg besondere waarde aan ons ouer geslag, aangesien hulle die ruggraat van ons gemeenskappe is. Nie net kan ons senior burgers ryke lewenservarings met ons deel nie, maar hulle het ook ons geskiedenis, kultuur en waardes help vorm.

Helpende Hand het deur navorsing bevind dat eensaamheid die grootste bron van ongelukkigheid onder senior burgers is. Die impak van eensaamheid op enigiemand is verwoestend en dit kan selfs tot ernstige gesondheidsprobleme lei.

Op grond van hierdie navorsing het Helpende Hand ‘n program ontwikkel om senior burgers weer lus te maak vir die lewe, eensaamheid te verlig en die verouderingsproses effens te vertraag. Die program genaamd Seniors in Aksie word landswyd deur maatskaplike werkers in samewerking met Helpende Hand se vrywilligers uitgerol en die terugvoer is verstommend.

Daar is min dinge wat jou siel so kan vervul as om tyd saam met ‘n bejaarde te spandeer en die vreugde wat jou interaksie aan die bejaarde verskaf, te ervaar. Kontak gerus Helpende Hand om by die Seniors in Aksie-program in jou gemeenskap betrokke te raak.

Kontakbesonderhede Stuur ‘n e-pos aan: [email protected], [email protected] of [email protected]